Volstruis Potjie
Bestanddele:
30 ml kookolie
1,5 kg volstruis-nek-skywe
2 groot knoffelhuisies, gekneus
5 ml droë roosmaryn
250 g swart sampioene, in skyfies gesny
30 ml ingemaakte groen peperkorrels, gekneus
75 ml brandewyn
50 ml droë sjerrie
375 ml droë rooi wyn of ½ rooi wyn en ½ hoenderaftreksel
30 ml suurlemoensap
15 vars piekel uitjies, geskil
10 klein, heel wortels
8 geskilde klein, heel aartappeltjies of skoongeskropte jong aartappels in die skil
1 x 300 g-pak verroomde spinasie en sampioene, ontdooi
15 ml koekmeelblom
bietjie melk
knippie neutmuskaat
sout na smaak
Metode:
Verhit die olie in die pot en braai die vleis in sarsies tot bruin. Skep uit en hou eenkant.
Braai die knoffel, roosmaryn, sampioene en peperkorrels in dieselfde pot.
Skep die vleis terug in die pot.
Verhit die brandewyn, sjerrie, rooi wyn en suurlemoensap en voeg by die vleis.
Sit
die deksel op, verminder die hitte deur van die kole onder die pot te
verwyder en prut 2 ½ uur of totdat die vleis byna sag is.
Pak die groente, behalwe die spinasie, in lae bo-op die vleis, sit die deksel op en prut nog 45 - 50 minute.
Meng
die ontdooide spinasiemengsel met ´n pasta van koekmeelblom en
melk en skep versigtig oor die kos in die pot. Geur met neutmuskaat en
sout, sit die deksel op en prut nog 15 minute.
Chantelle Geldenhuys
|